Die Buckingham-paleis het gisteraand aangekondig dat koning Charles III met kanker gediagnoseer is. Luidens ‘n verklaring van die paleis is dit nie prostaatkanker nie, maar ‘n nuwe kanker wat ontdek is tydens Charles se onlangse behandeling vir ‘n vergrote prostaat.
Die BBC berig dit is in hierdie stadium nie bekend watter soort kanker dit is nie, maar die 75-jarige Charles het Maandag met gewone behandeling begin. Geen besonderhede is nog bekend oor die fase van die siekte of die prognose nie. Prins Harry is glo vanaf Kalifornië oppad om die koning te sien. Intussen is die koning glo positief oor sy behandeling en sien daarna uit om so gou moontlik ten volle na sy openbare pligte terug te keer.