Die DBV in Johannesburg het hul hande vol met inwoners in die Oakdene omgewing wat glo daar is ‘n leeu wat sedert Maandag daar rondloop. Liana Marx, skakelbeampte van die Johannesburgse DBV het aan Maroela Media gesê dit is heel waarskynlik ‘n hond wat die mense vir ‘n leeu aangesien het. Die DBV het dadelik die spoor gevolg van die reuse pote wat mense op sosiale media gedeel het, maar niks gekry nie. Mense het ook die leeu naby die Glen-winkelsentrum gewaar. Die DBV-inspekteurs kon niks kry nie. Die DBV het tog ‘n beroep op mense gedoen om hulle te skakel indien hulle ‘n leeu in die stad sien ronddwaal. In Afrika is enigiets moontlik, het Marx gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×