Konsentrasiekampdag word ook op 16 Junie herdenk. Op hierdie dag in die jaar 1900, het die Britse imperialis, lord Roberts, die verskroeide-aardebeleid uitgevaardig. Hierdie beleid het derduisende mense ontheem, toe plase deur Britse soldate afgebrand is.

Teen die einde van die Anglo Boeroorlog in 1902, het bykans 28 000 mense in die land se konsentrasiekampe te sterwe gekom. Hieronder was 22 000 vroue en kinders, wat bykans 80% van alle konsentrasiekamp-sterftes verteenwoordig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×