Konsepbegroting vir Mangaung wys stygings is op pad

 Konsepbegroting vir Mangaung wys stygings is op pad

Luidens ‘n konsepbegroting wat vir die Mangaung metro ter tafel gelê is, gaan die erfbelasting van boere en huiseienaars van 1 Julie vanjaar, styg met 6%, en die van sakeondernemings en die staat met 0%.

Die tarief van ander dienste in die Metro, wat Dewetsdorp,Wepener, Van Stadensrus, Botchabelo, Thaba Nchu en Soutpan insluit, styg ook.

Netwerk24 berig die tarief van sanitasiedienste styg met 5,4% vir residentiële eiendomme, die watertarief verhoog vanaf 7% na 13%, afhangend van die verbruik.

Die beskikbaarheidsheffing op kragmeters styg ook met 10%.

Die begroting stel ook voor dat kragtariewe moet verhoog met 5,6% onderhewig aan NERSA se goedkeuring.

Inwoners het tot 21 April 2021 om die konsepbegroting te gaan besigtig en kommentaar te lewer of beswaar aan te teken op die webblad www.mangaung.co.za

LeandreAdmin@