Die begrafnisdiens van konstabel Cebekhulu Linda vind op Vrydag, 9 Mei 2025 plaas by die Saint Rose Katolieke Kerk in Bochabela, Bloemfontein.
SABC News berig hy was een van drie polisie-konstabels van Bloemfontein wat op 23 April op pad Limpopo toe vermis geraak het.
Die drie se liggame is verlede week uit die Hennopsrivier in Centurion gehaal.
Nog een van die konstabels, Boipelo Senoge, is op Donderdag 8 Mei in Rocklands, Bloemfontein, te ruste gelê. Keamogetswe Buys se begrafnis sal na verwagting, op Saterdag 10 Mei, in Thaba Nchu plaasvind.