Die drie polisiebeamptes wie se liggame vandeesweek in die Hennopsrivier in Gauteng ontdek is, sal met amptelike begrafnisse in Bloemfontein vereer word.
Hierdie besluit volg op ‘n vergadering tussen die families van die konstabels, die premier van die Vrystaat, Maqueen Letsoha-Mathae, en die provinsiale kommissaris van polisie, luitenant-generaal Baile Motswenyane.
Die begrafnisse sal op afsonderlike datums tussen 8 en 10 Mei plaasvind, met ‘n gedenkdiens wat volgende week Dinsdag op Bobbiespark in Bloemfontein gehou sal word.
Luidens ‘n mediaverklaring van die polisie betuig hulle, hul innige meegevoel met die families en geliefdes van die gevalle lede. Hulle voeg by die heengaan het die land diep geraak, maar hul toewyding en bydrae sal nooit vergeet word nie.