Die Konstitusionele Hof het ten gunste van die DA se aansoek beslis om die burgerskap van Suid-Afrikaners met dubbele nasionaliteit te herstel.

DA-woordvoerder Willie Aucamp sê Dinsdag dit is die gevolg van ’n 10-jaar lange regstryd deur die DA en DA Abroad.

Die regstryd het gefokus op die regte van Suid-Afrikaners wat hul burgerskap verloor het na die verkryging van ’n tweede nasionaliteit sonder ’n “Behoud van Burgerskap”-brief.

Die hof het die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap ongrondwetlik verklaar, wat vereis het dat burgers hierdie brief ontvang voordat hulle ’n tweede nasionaliteit kan kry.

error: Inhoud is beskerm !!