Die Konstitusionele Hof het ‘n dringende aansoek deur drie politieke partye van die hand gewys, oor hulle deelname aan die verkiesing op 29 Mei. Die Arbeidsparty, die Afrika-Alliansie van Sosiale Demokrate, die AASD, en Ace Magashule se ACT-party het die Hof genader om in te gryp nadat hulle nie aan Artikel 27 van die Kieswet voldoen het nie.

Die partye het die sperdatum van 8 Maart misgeloop vir die indiening van hulle kandidaatlyste. Hulle het aangevoer dat daar probleme was met die OVK se webtuiste en dat hulle versuim daarom nie deur hulle eie toedoen was nie. Die Verkiesingkommissie se regspan het dié aantygings ontken en gesê die groot meerderheid partye het wel die spertyd gehaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×