Daar is vanoggend ʼn belangrike, maak-of-breek-vergadering tussen president Cyril Ramaphosa en die leier van die DA, John Steenhuisen. Dít terwyl konsultasies oor die uitvoerende gesag se samestelling vir die sewende administrasie in hoë rat begin. Die leiers sal na verwagting by die ampswoning vergader nadat die ANC en DA in die openbaar koppe gestamp het oor die interpretasie van die regering van nasionale eenheid en die insluiting van ander partye in die uitvoerende gesag.

Na wat verneem word, kyk die DA na ten minste sewe poste in die kabinet, proporsioneel uitgedeel, en om aan die hoof te staan van belangrike departemente soos onder andere handel en nywerheid. Intussen is president Cyril Ramaphosa onder druk om sy nuwe kabinet aan te kondig.

error: Inhoud is beskerm !!