Kontaklesse by skole word Woensdag gestaak, skole heropen weer 19 Julie

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het vanoggend by ‘n skool in Botshabelo buite Bloemfontein ‘n nuus vergadering gehou om die departement van onderwys se plan vorentoe bekend te maak.

Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand die land op vlak-4 van inperking geplaas het.

Motshekga het tydens die vergadering gesê skole, insluitend privaat skole, sal Woensdag staak met kontaklesse.

Sy het verder gesê ouers wie se kinders in ander provinsies skool gaan tot Vrydag het om hulle kinders by skole te gaan haal.

Geen kinders mag na 12-uur Vrydagmiddag nog by die skool wees nie.

Sy het verder gesê personeel en skoolbestuur sal Donderdag en Vrydag nog by skole moet wees om die skool te sluit.

Staatskole sal weer op 19 Julie heropen en nie op 26 Julie nie.

Luister na potgooie hieronder