Verbruikers sal ‘n sug van verligting slaak met kookoliepryse wat na verwagting in die volgende twee maande sal daal. Daar word voorspel dat die pryse met ongeveer 30 persent kan daal. Die prys van sonneblomolie sal na verwagting met 25 persent sak om ‘n prysvlak van ongeveer 80-rand vir 2 liter se waarde te bereik. Voorrade van kanola- en sonneblomolie uit die Oekraïne het begin stabiliseer nadat Rusland se oorlog in die Oekraïne aanvanklik pryse laat styg het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×