Terwyl woonbuurte en besighede kort-kort sonder krag is weens kabeldiefstal, is ene Nombango Claudia Mogiba, in Mpumalanga, beboet omdat sy kookpotte gemaak het van gesteelde Eskom-aluminium- en koperkabels.

Maroela Media berig die polisie het opgetree na hulle ’n wenk ontvang het waarop kabels ter beraamde waarde van R30 000 op haar erf gevind is.

Hulle het ook ’n verskeidenheid ronde aluminiumpotte daar gekry.

Die kabels was netjies onder ‘n swart Transnet-seil gevind met nog kleiner rolle draad in ‘n sloot langs die huis.

Die nasionale kragvoorsiener, Eskom, is ontbied om te bevestig of die kabels aan hulle behoort.

Die Calcutta-streekshof het Mogiba gevonnis tot vyf jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, of ’n boete van R10 000.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×