As die rooivleisbedryf sy uitvoerteikens behaal, kan die prys van rooivleis “soos ‘n pyl” opskiet, het die Rooivleis-produsente-organisasie, of RPO,  gewaarsku. Volgens die RPO is die produsente-en uitvoerprys van rooivleis in Suid-Afrika tans 30% tot 50% onder die wêreldnorm. Die prys in Suid-Afrika hang ook baie af van wat die verbruiker kan bekostig. Die meeste mense op Netwerk24 se inflasiemandjie het gesê hulle kan nie meer skaap-en beesvleis bekostig nie. Die prys van lamstjops het van Augustus tot September met 7,5% gestyg en maer maalvleis met 1%. Die uitvoerdende hoof van die RPO, Gerhard Schutte, het gesê verbruikers het 11% minder vir lamsvleis betaal as ‘n jaar gelede. Die prys van beesvleis het in dieselfde tydperk met 3% gedaal. Die produsenteprys van lams-en beesvleis het in dieselfde tydperk met onderskeidelik 14% en 19% gedaal. Schutte het gesê dit beteken boere trek swaar, maar dat dit nie deurtrek tot by die verbruiker nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×