Die pad tussen Reddersburg en Bloemfontein sal vandag vir ‘n geruime tyd gesluit wees na ‘n ongeluk tussen ‘n bakkie en ‘n vragmotor sowat 30km buite Bloemfontein. Loraine Earle, woordvoerder van die polisie het gesê die ongeluk kort voor tienuur plaasgevind . Die voertuie het aan die brand geslaan. Vyf mense is op die toneel dood verklaar. Earle het gesê verkeer word herlei van Bloemfontein na die N1 na Edenburg en vanaf Redderburg via Edenburg na Bloemfontein. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×