Koperdiewe word in die Vrystaat aangekeer

‘n Suid-Afrikaner en drie buitelanders is in Brandfort deur die polisie aangekeer.

Hulle was in besit van bykans R400 000 se koper.

Volgens brigadier Motantsi Makhele, polisie-woordvoerder, het die polisie Dinsdag, kort na middernag, tydens ‘n roetine-patrollie, ‘n Toyota minibus buite Brandfort afgetrek.

Die mans is toegelaat om verder te ry.

Teen 03:00 die nag het die polisie dieselfde minibus, saam met ‘n bakkie op die R30 gewaar, en hulle albei voorgekeer.

Koper, sowel as snytoerusting vir kabels, en klere is in die voertuie gevind.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem, en vyf ander het weggekom.

Die bestuurder van die bakkie is later aangekeer.

Alvier sal môre in die hof op Brandfort verskyn.

Luister na potgooie hieronder