FOTO: IOL

Die departement van Korrektiewe Diense het bevestig dat die gevonnisde sogenaamde Facebook-verkragter, Thabo Bester, verlede jaar uit die Mangaung-korrektiewe sentrum ontsnap het en nie in ‘n brand dood is soos wat kort ná die voorval berig is nie. Bester is in 2011 gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan onder meer moord en verkragting. Die DKD het in Mei in ‘n verklaring gesê Bester het selfmoord gepleeg deur sy sel aan die brand te steek. Hulle het egter intussen bevestig dat die liggaam wat ná die brand in die sel gevind is, die van ‘n ander man was. Volgens die departement het Bester op 3 Mei ontsnap. ‘n Soektog is intussen geloods en vra die publiek se hulp. Die DKD ondersoek ook die ontsnapping. Beeldmateriaal van Bester en ‘n vrou wat in Sandton inkopies doen, is onlangs op sosiale media versprei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×