Die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) het ’n massiewe soektog van stapel gestuur vir ’n gevangene wat uit die Boksburg Korrektiewe Sentrum ontsnap het.

Die DKD-woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê Martin Jackson het ontsnap en die omstandighede rondom sy ontsnapping word tans ondersoek.

News24 berig die Korrektiewe Dienste werk saam met ander wetstoepassingsagentskappe om die voortvlugtige op te spoor en in hegtenis te neem. Jackson is op 10 April 2015 in die fasiliteit opgeneem  vir roof, diefstal en die besit van ’n vuurwapen met ammunisie.

Die publiek word aangemoedig om waaksaam te wees en enige inligting aan die naaste polisiekantoor of korrektiewe fasiliteit te rapporteer.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×