Waar daar hulpbronne is, sal daar altyd mense wees wat korrupsie pleeg. So het die minister van vervoer, Fikile Mbalula, Maandag in Vanderbijlpark gesê ten tyde van die bekendstelling van ‘n reuseprojek om slaggate regoor die land te herstel. Operasie Vala Zonke is daarop gemik om die oppervlakte van paaie in en om stede, asook provinsiale paaie op te knap. Mbalula het die Vrystaat en Oos-Kaap as voorbeelde uitgesonder. Hy het gesê mense hier kry kontrakte, maar voltooi nie die werk nie, of die vakmanskap is swak. Volgens hom is dit niks anders nie as korrupsie. Hy het gesê die prosesse met Operasie Vala Zonke gaan deurgaans gemonitor word om korrupsie uit te skakel en om te verseker dat doelstellings behaal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×