Korrupsie beroof Suid-Afrikaners van ‘n menswaardige lewe, so sê Hoofregter Raymond Zondo. Zondo het ‘n toesprak gelewer op die herdenking van die Internasionale Teenkorrupsiedag by Unisa in Pretoria. Hy het veral klem geplaas op die benarde situasie by staatsentiteite, waaronder die passasierspooragentskap, Prasa. Zondo het in sy staatskapingsverslag aanbeveel dat ‘n kommissie van ondersoek aangestel word om die korrupsie by Prasa te ondersoek. Hy sê wanadministrasie, onbevoegdheid en wanbestuur het veroorsaak dat Suid-Afrikaners ontneem is van veilige, bekostigbare en noodsaaklike vervoer. Hy het ook die portefeuljekomitee oor Openbare Ondernemings gestriem vir sy versuim om teen korrupsie op te tree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×