Die Valke bevestig dat hulle bewerings van korrupsie en geldwassery teen die Vrystaatse premier, Maqueen Letsoha-Mathae, ondersoek.
SABC News berig die bewerings is deur die EFF teen haar en haar man, die Mangaung Metro Speaker, Lawrence Mathae, na vore gebring. Die twee het na aanleiding van ‘n teksboodskap op sosiale media, glo omkoopgeld aanvaar om ‘n tender te swaai.
Die SMS-boodskap beskryf na bewering hoe sy haar belofte wat aan ‘n kontrakteur gemaak is, teruggetrek het, en is direk aan haar gestuur en aan die African National Congress (ANC), uitgelek.
Die Demokratiese Alliansie het intussen ‘n beëdigde verklaring by die Valke ingedien met bykomende inligting oor korrupsie-aanklagte.