Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het vir die parlement se komitee vir openbare rekeninge, of Skoor, gesê alhoewel vordering gemaak word om produksie by Eskom te verbeter, korrupsie se giftige tentakels steeds oral deursyfer. Volgens EWN het Gordhan gesê Eskom se kragstasies by Tutuka, Medupi en Kusile toon verbetering maar om korrupsie uit te roei, bly steeds ‘n uitdaging. Gordhan het erken dat sommige Eskom werkers betrokke is by die vandalisme van elektrisiteitdiefstal en vandalisme van die infrastruktuur wat groot skade veroorsaak. Die gierigheid by Eskom het nie perke nie en dit dring deur na alle vlakke van die nutsmaatskappy. Gordhan het gesê korrupsie sal voortduur tensy wetstoepassers die regte bendeleiers agter tralies sit.