Die koskenner en skrywer, Pieter Veldsman, is gister in die ouderdom van 82-jaar oorlede. Die oorsaak van sy dood is nie bekendgemaak nie. Veldsman was ‘n kosjoernalis wat vir dekades Suid-Afrikaners geïnspireer het om met ander oë na kos te kyk.

Huldeblyke het sedertdien ingestroom na die nuus van sy dood bekendgeword het. Veldsman was vir twee dekades Sarie-tydskrif se kosredakteur. Hy het verskeie resepteboeke uitgegee en ook die eerste cordon bleu-sjefskool in Suid-Afrika gestig. Die Suid-Afrikaanse sjefskool het Veldsman beskryf as die land se eerste kulinêre kunstenaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×