‘n Kouefront wat oor die binneland beweeg het ysige temperature en sneeu in dele van Namakwaland en die Noord-Kaap meegebring. Die Kamiesberge by Calvinia is wit van die sneeu en temperature het tot benede vriespunt gedaal. Intussen het die weerdiens het ‘n Geelvlak 1-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende sneeuneerslae oor die suidelike dele van die Drakensberg, die Oos-Kaap, en die verre suidwestelike dele van KwaZulu-Natal. In Bloemfontein was die voorspelling dat die kwik tot minus vier sou daal. ‘n Weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse weerdiens sê wel kouefronte dié tyd van die jaar is niks vreemd nie.
