Kovsies kom nader aan ’n koronavirus-entstof

 Kovsies kom nader aan ’n koronavirus-entstof

Wetenskaplikes by die Universiteit van die Vrystaat sê hulle het ’n geen ontwikkel wat moontlik deur farmaseutiese maatskappye gebruik kan word om ’n koronavirus-entstof te ontwikkel.

Navorser Robert Bragg sê sy groep het die moontlike entstof gebaseer op navorsing wat gedoen is op ’n besmetlike korona-bronchitis-virus wat by pluimvee gevind word.

Hy hoop dat hulle finansiële ondersteuning sal kry en voer tans samesprekings met ander Suid-Afrikaanse navorsingsgroepe om ’n entstof teen die virus te vind.