AfriForum Jeug se Kovsies-tak in Bloemfontein het ‘n Veiligheid 101, vir student, aan die Universiteit van die Vrystaat, en die plaaslike gemeenskap aangebied.

Luidens ‘n mediaverklaring is die jeugorganisasie se missie om veilige bymekaarkomplekke op kampusse en in dorpe te vestig waar jong Afrikaners met selfvertroue kan leer, leef en blywende vriendskappe bou.

’n Valke-spesialis het ’n praatjie aangebied oor hoe om oplettend te wees en tekens van mensehandel en kubermisdaad te identifiseer.

AfriForum Jeug, in samewerking met AfriForum se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid, het daarna ’n praktiese sessie aangebied om studente vaardighede in selfverdediging te leer.

Ná die sukses van Veiligheid 101 in Bloemfontein, word daar beplan om later vanjaar weer ’n sessie aan te bied.

error: Inhoud is beskerm !!