President Cyril Ramaphosa het gesê die regering maak vordering om die energiekrisis in die land aan te spreek. Die president sê egter in sy weeklikse nuusbrief dat daar nie ‘n kitsoplossing vir die probleem is nie. Suid-Afrika ervaar nou al vir twee weke lank hoë fases van beurtkrag. Ramaphosa het gesê die onmiddellike doelwit is om die frekwensie van kragonderbrekings te verminder.

Intussen het skole aangesluit by hospitale en vra hulle om hulp te midde voortdurende kragonderbrekings. Die Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame waarsku dat gereelde beurtkrag skadelik is vir onderrig en dit byna tot stilstand dwing. Hospitale het verlede week gepleit by die regering om hulle uit te sluit van beurtkrag, omdat dit skade rig aan die gesondheidstelsel se produktiwiteit en druk op dokters plaas.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×