Groot dele van Bloemfontein was vanoggend sonder elektrisiteit weens ‘n wydverspreide kragonderbreking – wat ook radioluisteraars in die stad beinvloed. Die kragvoorsiener Centlec sê in ‘n verklaring die Bloemfonteinse radio- en TV-mas bo-op Naval Hill, wat oor die stad uitkyk, was ook sonder krag – wat daartoe lui dat alle radiostasies wat van die toring gebruik maak van die lug af was.
Dit het nie Rosestad 100.6 beinvloed nie. Centlec sê in ‘n verklaring die areas wat geaffekteer was sluit in is Bayswater, Noordhoek, dele van Waverley, dele van Heliconhoogte, Deals Gift, Ribbelsdale, Navalpark, Hilton, Arboretum, Naval Hill, Dan Pienaar, Heuwelsig, Rayton, Pentagon Park, Hillsboro, Estoire, New Market, Olive Hill, Masselsport, Tibbie Vissier, Vaalbank Suid, Roodewal, Midway en Vallombrosa.