‘n Graad-11 leerling van Bloemfontein het die skoolbanke vir die gimnasium-bankies verruil – en sommer nuwe Suid-Afrikaanse rekords in al drie dissiplines van kragoptel opgestel.

Conrad van der Zwaard en drie ander kragoptel-atlete van die Bloem Barbell Club in die stad het die Vrystaat verteenwoordig by die Wêreld-Kragoptel-Kongres en die Amateur Wêreld-Kragoptel-Kongres van Suid-Afrika in Durban die afgelope naweek.

Van der Zwaard se rekords is bankiestoot (115kg); hurksit (205kg) en doodstoot (202,5kg). Hy het ook sy afdeling vir tieners gewen.

Almoné Prins het ná twee operasies aan haar bene sterk terug gekom om die 90kg ope vroue-afdeling te wen met 122.5kg vir hurksit, 72.5kg vir bankiestoot en 165kg vir doodstoot.

Die ander twee atlete het ook presteer, met Zane Wilson wat brons gekry het in die 100kg mans ope-kategorie, en Dawie Viljoen wat vierde plek in die 110kg mans ope-afdeling behaal het.

Afrigter Bernice van der Westhuizen sê aan Rosestad-sport hulle mik nou na volgende jaar wêreldkampioenskap.

LUISTER:

error: Inhoud is beskerm !!