As alles volgens plan verloop gaan NASA se kragtigste vuurpyl tot op hede, Maandag op sy eerste sending na die buitenste ruim vertrek. Dié ruimtesending het ten doel om mense na die maan, en eindelik na Mars te neem. Die sending, bekend as Artemis 1, sou ongeveer half-een Suid-Afrikaanse tyd vanaf die Kennedy-ruimtesentrum in Florida in Amerika vertrek. Tienduisende mense het vroeg reeds langs die strande van Florida byeengekom om hierdie historiese gebeurtenis gade te slaan. Die laaste Apollo-sending na die maan is reeds ‘n halfeeu gelede onderneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×