Krane in die suide van Bloemfontein kan nog tot minstens môre droog bly.
Bloemwater het onderneem om onverpoosd te werk nadat ‘n tweede waterpyp, dié keer in Bitterbessiebosweg in Pellisier, gebars het.
Waterkenner en Mangaung-raadslid, Rossouw Botes, het gesê inwoners in die suidelike dele van Bloemfontein, wat water vanaf die Brandkop reservoir kry, sal nog geduld aan die dag moet lê.
Swaar weer het gisteraand werk aan die pyplyn vertraag.