KRIEKET – Die onder 19 Wêreldbeker Eendag toernooi wat Vrydag in die Wes-Indiese Eilande begin het, het tot dusver goeie spel opgelewer met Engeland, Indië, Sri-Lanka en Pakistan wat bo-aan die punteleer in die hul onderskeie groepe is.

Sri-Lanka het gister in hul 2de wedstryd een van die gunstelinge – Australië –  met 4 paaltjies geklop. Die Aussies het 175 lopies aangeteken waarna die Sri-Lankese die wenteiken reeds in die 37 ste boulbeurt behaal het.

Die toernooi duur tot die 5de Februarie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×