KRIEKET – Die 17-jarige Rohmalia Rohmalia  het die rekordboeke herskryf toe diè meisie van Indonesië met ’n boulontleding van 7 / 0  in 3.2 boulbeurte  in ’n Internasionale T20-wedstryd kon spog.

Mongolië was almal uitgehaal vir ’n skamele 24 lopies nadat hulle ’n wenteiken van 152 moes jaag.

Diè tiener is die 3de speler wat 7 paaltjies in ’n Internasionale T20 wedstryd kon plattrek. Die ander twee is Argentinië se Alison Stocks en die Nederlander Frederique Overdijk met syfers van 7 / 3.

*Die beste ontleding vir mans  in ’n Internasionale T20-wedstryd was behaal deur Syazrul Idrus van Maleisië wat 7 paaltjies vir 8 lopies teen China in 2023 laat kantel het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×