KRIEKET – Die 1ste toets in die Reeks om die As stuur op ’n spannende einde af aan die einde van Dag 3 op Edgbaston.
Engeland het hul 1ste beurt op 393 / 8 gesluit verklaar met die gewese kaptein Joe Root wat onoorwonne was op 118 terwyl Johnny Bairstow ook goed gekolf het vir sy 78 voordat hy deur Alex Carey van Nathan Lyon se boulwerk af gestonk is.
Die Aussies was vroeg in hul kolfbeurt in die moeilikheid en het op 67 / 3 gesteier maar Usman Khawaja het die skip geanker met ’n groot honderdtal terwyl Travis Head en paaltjiewagter Alex Carey ook met 50-talle kon bydra. Die Baggy Greens was almal terug in die kleedkamer vir 386.
Engeland was teen uitskeityd op 28 / 2 met ’n voorsprong van slegs 35 lopies.
Diè 1ste toets in die reeks van 5 eindig Dinsdag.