KRIEKET: Neil Brand en Kyle Verreynne sal Suid-Afrika onderskeidelik in die opkomende reeks teen Sri Lanka op tuisbodem aanvoer.

Verreynne sal in die eendagreeks voor uitstap terwyl Brand die Suid-Arikaners in die vierdag-kragmetings op die veld sal lei.

Verskeie bekende Proteas gaan in aksie wees wat onder meer name soos David Bedingham , Andile Phehlukwayo en Lutho Sipamla insluit terwyl die nuweling van die Dragons en voormalige Knights snelbouler Migael Pretorius ook in die langer formaat in aksie gaan wees.

*Die eendagreeks begin 31 Augustus en word in Potchefstroom beslis met die laaste wedstryde wat op 2 en 4 September gespeel word terwyl die 2 vierdag-wedstryde in onderskeidelik Kimberley en Benoni op 8 en 15 September ook vir kookwater spel gaan sorg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×