KRIEKET  – Die 2de Eendag Internasionale wedstryd tussen die Wes-Indiese Eilande en Ierland wat in Kingston, Jamaika gespeel sou word is afgelas nadat 5 lede in die Ierse kamp positief vir Covid getoets het.

Die Windies het die 1ste wedstryd Saterdag met 24 lopies gewen. Die 3de wedstryd word Vrydag gespeel.

En in die 2de toets tussen Nieu-Seeland en Bangladesh het die Black Caps ‘n maklike oorwinning van ‘n beurt en 117 lopies oor die Tiere op die Hagley Oval behaal. Die besoekers moes opvolg en kon slegs 278 aanteken met Liton Das wat sy 1ste honderdtal in toetskrieket bereik het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×