KRIEKET – Afghanistan het gister in wedstryd nommer 30 van die WB-toernooi oor Sri Lanka gestoomroller met ’n klinkende sege van 7 paaltjies.

Die Sri Lankese kon net 241 lopies bymekaar maak met die openingskolwer Nissanka wat 46 daarvan bygedra het.

Daarna het Rahmat Zurmatai met 62 en Hashmatullah Shahidi met 73 nie uit nie verseker dat Afghanistan opgeskuif het na 5de plek op die puntetabel en ook nog in die wedloop is om vir die halfeindronde te kwalifiseer.

*In vandag se bepalings speel Pakistan teen Bangladesh met die wedstryd wat ook om 10:30 begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×