Die Proteas het swak begin in hul eendagreeks teen Afghanistan en die openingswedstryd met ses paaltjies verloor.
Suid-Afrika is vir ’n beskeie 106 lopies uitgeknikker met Wiaan Mulder wat 52 daarvan bygedra het. Die tuisspan het korte mete van die wenteiken gemaak en die totaal reeds in die 26ste boulbeurt bereik.
Die volgende wedstryd word weer Vrydag in Sharjah beslis.
Die Protea vrouespan was ook in aksie in hul tweede T20 wedstryd teen Pakistan maar ongelukkig met 13 lopies in Multan vasgeval.
Pakistan het 181 / 4 opgestapel en daarna die Suid-Afrikaners tot 168 vir die verlies van vier paaltjies beperk met Sune Luus wat onoorwonne was op 53 lopies.
Die reeks is gelykop met 1 – 1 met die beslissende wedstryd wat Vrydagoggend om 07:00 (SA Tyd) begin.