‘n Groep vroue krieketspelers van Afghanistan het Donderdag ‘n T20-vertoonwedstryd in Australië gespeel.

Die wedstryd was in Melbourne beslis voor Australië en Engeland se Ashes  toetswedstryd begin het by die nabygeleë  MCG.

Die span het gespeel as die Afghanistan vroue 11-tal teen ‘n Krieket-Sonder-Grense span en het in kleredrag gespeel wat hulle self ontwerp het.

Een van die spelers Firoza Amiri het gesê dit is baie spesiaal om na drie jaar weer as ‘n groep saam te trek en dat hulle miljoene Afghaan vroue verteenwoordig wie se regte in die land geskend word.

Die Krieket Sonder Grense span het diè wedstryd met sewe paaltjies gewen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×