Die Proteas vertrek binnekort na Bangladesh vir ‘n toetsreeks van twee wedstryde.
Die eerste wedstryd sal van volgende week Maandag in Mirpur beslis word met Temba Bavuma wat gaan uitsit weens ‘n arm besering en sal deur Aiden Markram vir die eerste keer in sy loopbaan die toetsspan op die veld lei.
Markram het gesê dit is ‘n droom wat bewaarheid word:
LUISTER: Aiden Markram se droom word bewaarheid as toetskaptein
Die twee veelsydige spelers van die Knights Jacques Snyman en Aubrey Swanepoel is ook in die S.A. span ingesluit wat aan die Hong Kong Internasionale Sesse-Toernooi tussen 1 en 3 November in Hong Kong gaan deelneem.