KRIEKET – Andrew Symonds – wat as een van die Australië se beste veelsydige krieket spelers beskou was –  is Saterdag op die ouderdom van 46 jaar in ‘n motorongeluk in Queensland oorlede.

Symonds oftewel “Roy” en “Symo” soos hy op die krieketveld bekend gestaan het, het sy naam in die 2003 Wêreldbeker toernooi gemaak met ‘n indrukwekkende debuut honderdtal teen Pakistan. Diè rebelse en met tye omstrede speler het sy land in 26 toetse , 11 T-20 en 136 Eendag wedstryde verteenwoordig.

Symo word oorleef deur sy vrou Laura en kinders Chloe en Billy.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×