Die Aussie krieket legende Don Bradman se Baggy Green  pet gaan moontlik vir miljoene rande opgeveil word.

The Don  wat spog met die beste toetsgemiddelde van alle tye naamlik 99.94 het diè pet tydens die 1947-48’-toer teen Indië gedra waar hy 715 lopies in ses beurte teen ’n gemiddelde van 178.75 aangeteken het.

Die afslaers Bonhams het gesê dat diè verbleikte pet sover bekend die enigste een wat Bradman tydens een van sy mees produktiewe reekse gedra het en daar word verwag dat dit ’n bedrag van tussen $195 000 en $260 000 op die veiling sal haal.

Die ander Aussie legende Shane Warne se Baggy Green  het egter die rekord gebreek toe dit vroeër vanjaar vir R11,8 miljoen verkoop is om Australiese veldbrandslagoffers te help.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×