KRIEKET – Met die T20 Wêreldbeker-toernooi wat einde se kant toe staan moes die verdedigende kampioen Australië diep delf om in ’n naelbyt halfeindronde wedstryd teen Indië die knoop met slegs 5 lopies te kon deurhak.

Die Aussies het ’n heel skaflike telling van 172 / 4 op die telbord geplaas in hul 20 beurte. Indië het van die begin af die verlangde  tempo gehandhaaf maar moes in die laaste boulbeurt 16 lopies aanteken wat egter net buite bereik van die kolfspan was.

Die Proteas sal ook vanmiddag hul aanslag op die titel maak waneer hulle teen Engeland te staan kom op Nuweland. Die Suid-Afrikaners sal probeer om die rekordboeke te herskryf terwyl die Engelse op soek is na ‘n 2de titel nadat hulle die heel 1ste toernooi in 2009 gewen het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×