Die Australiese manskrieketspan gaan moontlik na Sri Lanka reis sonder kaptein Pat Cummins.
Die Baggy Greens sal later die maand reis na die sub-kontinent om Sri Lanka aan te vat in ‘n twee wedstryd toetsreeks en een eendagwedstryd.
Cummins en sy vrou, Rebecca, maak gereed vir die geboorte van sy tweede kind.
Cummins het na die afloop van hul 3-1 Toetsreeks oorwinning oor Indië gesê dat dit tans moeilik is om te se hoe dinge gaan uitspeel voor die eerste toetswedstryd op 29 Januarie.