KRIEKET – Die Baggy Greens het hulself reggeruk na die pak slae wat die Black Caps Sondag teen hulle uitgedeel het in die T20 wêreldbeker-toernooi toe Australië gister maklik met 7 paaltjies teen Sri Lanka gewen het.

Die span van Ceylon kon net 157 / 6 bymekaar skraap met Pathum Nissanka en Charith Asalanka wat noemenswaardige bydraes van onderskeidelik  40 en 38 gelewer het.

Die Aussies se kolfwerk was vuurwarm met veral Marcus Stoinis wat gelyk het asof hy ‘n trein na iewers moes haal toe diè Wes-Australiër 59 lopies van net 18 balle gemoker het. Sy warrelwind beurt het 4 viere en 6 sesse ingesluit.

Die huidige kampioen ontmoet Engeland Vrydag in hulle volgende groepwedstryd op die MCG in Melbourne.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×