KRIEKET – Australië het voor meer as 100 000 fanatiese Indiese ondersteuners met ’n puik spanpoging die tuisspan met 6 paaltjies geklop om weer as die beste eendag krieketspan in die wêreld gekroon te word.
Indië is gevra om 1ste te kolf en het weer goed weggetrek maar het egter hierdiè keer vinnig paaltjies verloor en kon net 240 aanteken. Net Viral Kohli en KL Rahul kon 50 talle behaal terwyl Mitchell Starc met 3 / 55 en kaptein Pat Cummins se 2 / 34 die beste met die bal gevaar het.
Daarna het Australië met puik beurt van 134 deur Travis Head en Marnus Labuschagne se 58 nie uit nie ook seker gemaak dat hulle die wêreldbeker vir ‘n 6de keer omhoog kon lig.