KRIEKET – Australië is uiteindelik terug op die wenpad na ’n sege van 5 paaltjies oor Sri Lanka in die Wêreldbeker-kriekettoernooi wat gister in Lucknow gespeel is.

 Sri Lanka was op ’n stadium in hul kolfbeurt op koers vir ’n reuse telling nadat Nissanka en Perrera ’n openingsvennootskap van 125 lopies bymekaar gemaak het maar die Aussie boulers onder leiding van Adam Zampa se 4 / 47 het die lopievloei beperk met akurate boulwerk en was die span uitgehaal vir 208.

Australië se kolwers was nooit onder druk nie en het die wenteiken in die 44ste beurt bereik met Mitch Marsh en Joshua Inglis wat ook 50 talle kon aanteken.

*In vandag se bepalings speel die Proteas teen Nederland met diè wedstryd wat vanoggend om 10:30 begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×