KRIEKET – Australië is as die nuwe o.19 WB-krieket kampioen gekroon na ‘n maklike sege van 79 lopies oor Indië op die Willowmoore Park Ovaal in Benoni.
Die Aussies het 253 / 7 aangeteken met goeie beurte van kaptein Hugh Weibgen wat 48 bygedra het en ook goed ondersteun is deur Harjas Singh met 55 lopies.
Indië se gedugte kolflys het egter vroeg gewankel en was die span almal terug in die kleedkamer vir 174 lopies. Mahli Beardman was Australië se beste bouler met ’n ontdeling van 3 / 15.
*Suid-Afrika se nuwe snelboulvonds Kwena Maphaka is ook as Speler-van-die-Toernooi aangewys met 21 paaltjies wat diè linkerhandse blitsbouler geneem het.