KRIEKET – Dit was weereens ’n geval van naby maar tog sover vir Suid-Afrikaanse krieket toe die vrouespan met 19 lopies in die eindstryd van die T20 Wêreldbeker toernooi teen die verdedigende kampioen Australië vasgeval het.
Die Aussies het 1ste gekolf en 156 / 6 aangeteken met die staatmaker en Speler-van-die-Wedstryd Beth Mooney wat haar span tot ’n oorwinning help kolf het met ’n skitter 74 nie uit nie terwyl Shabnim Ismail en Marizanne Kapp die Proteas se beste boulers was en 2 paaltjies elk laat kantel het.
Suid-Afrika se kolfbeurt het net te stadig begin en ook geëindig en die lopiejaagtog het opgedroog op 137 / 6. Laura Wolvaardt het egter weereens bewys watter bate sy vir die nasionale span is toe sy byna die wa deur die drif getrek het met haar bydrae van 61 lopies.
Alhoewel sy nie die wentrofee omhoog kon lig het sy darem met die toekenning weggestap as speler wat die meeste lopies in diè toernooi aangeteken het naamlik 230 teen ’n gemiddelde van 46 lopies per beurt.