KRIEKET – Die Australiese krieketspan het ook gister die eendagreeks teen die Proteas op ’n wennoot begin toe die besoekers diè wedstryd met 3 paaltjies op die Mangaung Oval  gewen het.

Die Proteas het vanuit die staanspoor gesukkel om die grenstou te vind en kon uiteindelik net 222 op die telbord plaas. Temba Bavuma het ’n puik kapteinsbeurt van 114 gespeel terwyl Josh Hazlewood die besoekers se beste bouler was met syfers van 3 / 41.

Marco Jansen het vroeg vir Suid-Afrika toegeslaan en van David Warner vir ’n nulletjie ontslae geraak terwyl Gerald Coetzee  ook met sy 1ste aflewering Alex Carey se middelpaaltjie ontwortel het.

Die Aussies het op 113 / 7 gesteier maar die Suid-Afrikaans gebore Marnus Labuschagne met 80 en Ashton Agar se 48 het die wa uiteindelik deur die drif getrek met ’n vennootskap van 112.

Die 2de wedstryd in die reeks van 5 word weer môre om 13:00 in Bloemfontein beslis.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×