Australië het sewe Indiese paaltjies in die laaste sessie van die vierde toets in Melbourne geneem en met 184 lopies gewen.
News24 berig dit gee hulle ‘n 2-1 voorsprong in die vyf-wedstrydreeks.
Indië het aan die einde gesink na 155 lopies, almal uit.
As Indië die laaste toets in Sydney wen, sal hulle die reeks gelyk trek. Australië se kaptein, Pat Cummins, het 3 paaltjies vir 28 lopies geneem en die wedstryd afgerond.